Is daar geleenthede in natuurbewaring?

Karin Venter gesels vandag met Chris Reynecke oor die opleiding van natuurbewaarders, werksgeleenthede en vergoeding in die industrie en die grootste voor- en nadele van die beroep.

Luister na geleenthede in natuurbewaring

Berig oor Natuurbewaring

Die beroep van ‘n natuurbewaarder, wildlewebestuurder of bewaringsekoloog is iets waaroor bekommerde ouers wonder en kinders opgewonde gesels. Natuurbewaarders speel ‘n belangrike rol in die professionele bestuur van die land se reservate en parke. Goeie werksgeleenthede wat voldoende vergoeding bied vir mense met ‘n passie vir diere en natuurbewaring is egter dun gesaai.

Op webbladsye wat handel oor Suid-Afrika en selfs op die nuus word daar vertel van groei en nuwe geleenthede in die toerismebedryf. Suid-Afrika bied uiteenlopende toeriste-aantreklikhede en veral die gasvryheidsbedryf het ‘n tekort aan kundige personeel. Skoolkinders kry egter selde die geleentheid om die tipe werk eerstehands te ervaar voordat hulle in hierdie rigting begin studeer en word soms ontnugter wanneer hulle in die bedryf instap. Van die grootste nadele van die beroep is baie lang werksure, lae vergoeding en die feit dat die meeste geleenthede in afgeleë plekke is.

Die hooftaak van ? natuurbewaarder is om natuurlike hulpbronne te bestuur en te bewaar. Die bewaring van bedreigde spesies soos die renoster maak tans ‘n belangrike deel van natuurbewaarders se werk uit. Ander take sluit in om diere te vang wat verskuif moet word; om wilde diere uit te dun om te verhoed dat parke of reservate oorbevolk raak; om navorsing oor diere se gedrag te doen; en om omgewingsimpakstudies te doen. Die toepassing van wetgewing maak ook ‘n groot gedeelte van natuurbewaarders se dagtaak uit. Toerisme is die ander groot aspek van natuurbewaring, wat begeleide toere deur natuurreservate, die onthaal van gaste of die aanbied van omgewingsopvoedingsprogramme kan insluit.

Diegene wat daarin belangstel om natuurbewaring te studeer, kan ? graad- of diplomakursus volg. ? Diploma in natuurbewaring kan verkry word by ? universiteit van tegnologie en behels twee jaar se teoretiese opleiding en een jaar se praktiese opleiding. Sommige universiteite bied ? BSc- of BTech-graad in ekologie of natuurbewaring. Alle plaaslike universiteite bied ‘n BSc-graad in dierkunde en plantkunde aan.

Gedagte vir die week:

“U laat hom heers oor die werk van u hande; U het alles onder sy voete gestel.” ? Psalm 8:7

Die week se aanhaling om oor na te dink:

“Geen voël sweef te hoog as hy sweef met sy eie vlerke.” ? William Blake

Comments are closed.